𝗧𝗡𝗲 π˜€π˜π—Όπ—Ώπ˜† 𝗼𝗳 𝗦𝗡𝗲𝗿𝗿𝗲𝗱𝗼𝗻 π—Ÿπ—²π—»π—»π—²π—Ώπ˜

Home
News & Stories

𝘒 𝘴𝘡𝘰𝘳𝘺 𝘰𝘧 𝘩𝘰𝘱𝘦, 𝘡𝘳𝘰𝘢𝘨𝘩 𝘊𝘩𝘒𝘯𝘨𝘦 π˜”π˜’π˜¬π˜¦π˜³π˜΄ 𝘞𝘰𝘳𝘀𝘦𝘴𝘡𝘦𝘳!

Ek is Sherredon Lennert ek is 28 jaar oud en was vir 6 jaar van my lewe in active addiction.
Vir 6 jaar van my lewe het ek try deal meer seer waaroor ek met niemand gedeel het behalwe dwelms. Vir 6 jaar was ek in gevange in my eie lyf, my eie gedagtes en vasgevang aan β€˜n Mandrax Pyp en Lollie.


Tydens my active addiction het ek nooit oopgemaak oor waarmee ek deal nie, ek het nooit my seer met ander gedeel nie. Ek het myself confince dat ek fine is en nie hulp nodig het nie en ek’t elke dag mense wie vir my omgee seergemaak en in die proses myself byna verloor. Die leemte wat my verkragter my agter mee gelaat het, het ek elke dag gevul d.m.v. om te use.


Ek was een aand bloot gestel aan β€œCrystal Meth” toe ek erg hard gekuier het met vriende en vir my het dit cool gelyk omdat my een vriendin kon heelnag drink sonder dat sy dronk raak en ek het toe vir haar gevra ek wou ook proe, na die eerste proe wou ek weer proe en weer proe en weer proe… toe ek myself weer bevind is ek toe besig om drank met β€œCrystal Meth” te vervang. Ek was in active addiction en het myself begin glo, dat ek actually nog elke dag van my lewe alright is.


Ek het begin my klere verkoop, goed uit ons huis geneem en verkoop, my ma se handsak begin beroof, my familie begin besteel dinge het so erg geraak dat ek toe begin shoplifting doen.


Ek het geglo Dat ek β€œdie warmste is”.


Ek het toe begin en my oupa se pension steel d.m.v. krag en airtime van sy renewing af te koop en verkoop aand drug lords en mense in die gemeenskap


Ek het myself verloor in die genot van Crystal Meth.
Ek het toe begin Mandrax gebruik na Mandrax, Cocain getry.


In die 6 jaar van active addiction het ek baie geleer, dit was my ticket of veilige hawe waarheen ek kon vlug as ek benoud voel, as ek voel niemand verstaan my nie, as ek voel ek word te veel veroordeel, dan was dwelms my enigste uitweg. Op 8 April 2019 kry ek die mees vreesaanjaende droom ooit wat my letterlik laat voel het asof die wΓͺreld enige tyd sal vergaan… Ek verstaan toe nie my droom nie en die 9de April 2019 is ek by Change Makers vir hulp ek surrender fully to our one true God, en begin buite program loop by Change Makers.


Ek word toe opgeneem in die 6maande program en vir my persoonlikheid was dit β€˜n groot aanpassing omdat ek voorheen gay was. Ek is in die program en ontmoet die mees ongelooflikste broers wat ek beskou as familie. Die mees ongelooflikste moeders, en die lieflikste twee dames aunty Mia & tannie Erena. In die program het ek weer begin skryf. En omdat ek skaam was vir wat met my gebeur het, het ek begin gedigte skryf en op β€˜n later stadium d.m.v. digkuns begin skryf oor my verkragting.


Vandag is ek vier jaar skoon en getuig graag oor wat God vir my as persoon in my lewe gedoen het, ek motiveer jongmense deur my storie vir hulle te vertel. Vandag ervaar ek liefde soos nooit tevore nie.
Vandag ervaar ek die hand van die Here soos nooit tevore.


Ek is vandag β€˜n ECD student. Ek is vandag β€˜n student so sonder matriek en ek is tans besig om aan my eerste kort fliek te skryf wat die 1ste September verfilm word en boonop β€˜n nominee van Lwazi Enriching program se Honoring and Appreciation Event.
As ek vandag β€˜n moeder kan bemoedig wie se kind op dwelms is sal my woorde wees: β€œMoet nooit opgee op jou kind nie, die kind wie jy vandag sien is nie die kind wie jy groot gemaak het nie maar diep binne daardie kind is daai kind opsoek na liefde en ervaring, bly bid vir jou kind mammie”.


En as ek iemand wat in active addiction is kan bemoedig sal ek sΓͺ: β€œOm te los gaan die beste besluit ooit wees, the road to recovery can be your honeymoon and at the same time a bitter pill, just keep out”.
En as ek iemand wie my storie lees kan bemoedig sal ek sΓͺ: β€œnie almal is so gelukkig soos ek nie, nie almal het uithou vermoΓ« nie, nie almal is sterk nie maar, as jy saam stem met alles sal jy jouself kwesbaar maak vir alles ek Hoop en vertrou dat my storie ten minste iemand raak al is dit net een persoon.

Ek is Sherredon Lennert, en hierdie is my storie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *